Terwyl oudpres. Jacob Zuma en die sogenaamde ANC faksie, die “premiersliga” van ’n sameswering teen pres. Cyril Ramaphosa verdink word, het een van die kern figure in die Gupta-familie se staatskaping, Duduzane Zuma, gesê hy wil nou voor die Zondo-kommissie getuig nadat hy vroeër daarteen vasgeskop het.