‘n 63-jarige ma van twee van Belhar is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by ‘n internasionale sokker-toernooi. Lea Norton van die Proteaville Senior Fiksheidsklub in Bellville-Suid gaan volgende maand aan ‘n toernooi in Frankryk deelneem wat deur die Little Miss Soccer-stigting aangebied word.