Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en die DA se kandidaat vir premier van die Wes-Kaap in volgende jaar se verkiesing, Alan Winde, het sy department opdrag gegee om veiligheid by die Kaapstadse Internasionale Lughawe onder die vergrootglas te plaas.